News

Gazette-kantoor: Ons hou tred met veranderende tye

Gazette-kantoor: Ons hou tred met veranderende tye

Nog nooit tevore was Suid-Afrikaners so in die diepkant ingegooi met digitale platforms en die innoverende gebruik van tegnologie as juis die afgelope twee maande nie. In grendeltyd het ook die Gazette se personeel hul kantoorlessenaars huis toe geskuif om lesers deur die inperking op hoogte te kon hou.
Juis omdat hierdie tyd gewys het hoe doeltreffend dit gedoen kan word, is besluit om ‘n nuwe fase te betree deur jou nou ook volledig aanlyn te bedien. Daarom sal Gazette voortaan nie meer van ‘n kantoorperseel gebruik maak nie.
Jy kan egter reeds vanaf 1 Junie direk met personeel skakel, jou bydraes aanlyn stuur, en betalings doen. Boere en mense wat buite die dorp bly wat koerante by die kantoor afgehaal het, kan dit voortaan by alle besigheide insluitend Hinterland, Copper Juantjie/Bucket Shop, Pula Build-it, Repmetco / Sons of Guns en House of Hardware kry.

Hoe kontak jy ons nou:

Redaksie:
Liezl Scheepers – 083 577 4436
E-pos: gazettenuus@gmail.com

Advertensies:
Geklassifiseerd, vakatures en
regskennisgewings:
Paulina Barda – 073 772 3649
paulina.barda@mooivaalmedia.co.za

Vertoon advertensies:
Betsie Trieloff
– 073 224 4044
E-pos:
betsie.trieloff@media24.com

Noordwes Advertensiebestuurder:
Antoinette Badenhorst – 061 508 0268
E-pos: Antoinette.Badenhorst@
mooivaalmedia.co.za

Related Articles

Back to top button