News

Historiese Voortrekker-fort op plaas naby Fochville

Historiese Voortrekker-fort op plaas naby Fochville

Een van hulle is op die plaas IQ144 Elandsfontein tussen Fochville en die N12.
Die bult agter die plaashuis van mnr. Jan Eleveld (72) het ‘n stuk geskiedenis waarvan min inwoners weet.

Hier staan ‘n Voortrekker-fort wat, volgens die koper plaat op die kant, reeds in 1863 opgerig is. Die fort is in een van verskeie klipkrale, wat ook deur die Voortrekkers opgerig is, geleë.
“Ek het nie van die fort geweet voor ek die plaas in 1996 gekoop het toe ek op vroeë pensioen by die myn gegaan het nie,” sê Eleveld.
Dié fort is nie die enigste interessante stuk geskiedenis in die area nie.
Op die plaas langs dié van Eleveld is daar ‘n graf van ‘n seuntjie wat in omstreeks dieselfde tyd as wat die fort opgerig is, dood is toe hy van ‘n ossewa afgeval het.
Mnr. Eleveld het self ‘n interessante geskiedenis, aangesien hy tot op vierjarige ouderdom in Nederland gewoon het, voor hy saam met sy ouers na Suid-Afrika geëmigreer het.
Hy het later vir 26 jaar op Western Deep Levels myn gewerk.

Die historiese fort op mnr. Eleveld se plaas.

Mnr. Eleveld loop verby een van die kraalmure om die fort.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button