NewsNews

Sewe beseer in botsing op N12

Sewe beseer in botsing op N12

Sewe mense, insluitende ‘n agt maande oue baba, is gisteroggend beseer toe vier voertuie gebots het.  Die ongeluk het op die N12 ongeveer 15km buite Potchefstroom in die rigting van Klerksdorp plaasgevind.

Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder,  het paramedici, provinsiale nooddienste en die brandweer op die ongelukstoneel gekom waar hulle die vier voertuie langs die pad gevind het.

Mediese personeel het die pasiënte te hulp gesnel en het vasgestel dat twee persone ernstige beserings opgedoen het, terwyl ses ander pasiënte, insluitend die babadogtertjie, lig tot matig beseer was.

Die beseerde pasiënte was op die toneel behandel en die twee wat ernstige beserings opgedoen het, het pynmedikasie ontvang voordat hulle na die naaste hospitale geneem is.

Na bewering het rook van ‘n nabye veldbrand ook tot die botsing aanleiding gegee.

Plaaslike owerhede het die toneel verder ondersoek.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button