News

Honderde huishoudings sonder krag nadat Emfuleni kabels raakgrawe

Honderde huishoudings sonder krag nadat Emfuleni kabels raakgrawe

Honderde huise in Drie Rivere is Woensdagaand (3 Junie) sonder krag gelaat toe werkers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit glo kragkabels met skopgraaf raakgegrawe en beskadig het en toe spoorloos verdwyn het.

Met aankoms op die toneel was hul toerusting steeds daar maar die werkers skoonveld. Water het ook oor die pad gestroom.

Volgens rdl. Daleen Venter, wyksraadslid van Drie Riviere, het dit alles begin toe werkers van Vumatel, ’n maatskappy wat veseloptiese kabel in die buurt aanlê, vroeër ’n waterpyp raakgegrawe het.

Volgens Venter het Vumatel  ’n private loodgieter gekry om die pyp reg te maak.

Die loodgieter was op pad om die pyp reg te maak maar werkers van Emfuleni Plaaslike Munispaliteit het aangedring om die herstelwerk te doen. Dit is toe wat hul die kragkabels met ‘n skopgraaf raakgegrawe het.

Related Articles

Back to top button