NewsNews

So werk provinsiegrense nou

So werk provinsiegrense nou

Die publiek word daaraan herinner dat jy tans steeds nie sonder permit oor die provinsiegrense mag beweeg nie.

Dit beteken as jou papierwerk nie reg is nie, kan jy steeds nie gaan kruideniers koop, kuier of kerk toe gaan in ‘n ander provinsie nie.

Net in gevalle waar jy byvoorbeeld n permit sou hê om nou te moet trek, n begrafnis bywoon, vir doktersbesoeke of behandeling, waar kinders in ander provinsies skoolgaan of jy uit die aard van jou werk na n ander provinsie moet reis sal jy toegelaat word oor die provinsiegrense.

As jy na n siek nabye familielid of bejaarde moet gaan omsien in n ander provinsie moet jy n verklaring by jou naaste polisiestasie gaan aflê wat jou dan die korrekte papierwerk sal gee om oor die provonsiegrens te kan reis.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button