NewsNews

Hoe gemaak met skade aan jou elektriese toestelle

Hoe gemaak met skade aan jou elektriese toestelle

Kragonderbrekings kan verreikende gevolge vir Jan Publiek inhou. Dit gebeur gereeld dat daar kragstuwings voorkom met onderbrekings wat beteken dat die normale lading oorskry word en skade aan elektriese toestelle veroorsaak.
Wat staan Jan Publiek te doen?
* Maak seker daar is voorsiening gemaak op jou korttermynpolis vir kragstuwing en vir watter bedrag jy gedek is. Versekerde bedrae op hierdie afdeling verskil van maatskappy tot maatskappy.
* Maak seker dat jy dekking het vir die inhoud van jou yskaste en vrieskaste en vir watter bedrag jy gedek is.
* Maak seker dat jy dekking het vir rekenaars en rekenaartoerusting en vir watter bedrag.
* Maak seker dat jy dekking het vir die herwinning van data op jou rekenaar, sou jy skade kry as gevolg van kragstuwing en vir watter bedrag jy gedek is.
Eise gaan deur die versekeringsmaatskappye net soos met enige ander eise op ‘n merietebasis hanteer word. Jy kry ‘n skadeverslag met ‘n kwotasie vir die herstel of vervanging van die artikel betrokke van ‘n erkende hersteller, wat saam met die eis ingedien word waarop die oorsaak van die skade aangedui is.
Wat ken ek doen om skade te voorkom?
* Jy kan toerusting installeer wat kragstuwingskade beperk of voorkom. Daar is verskeie produkte in die handel verkrygbaar.
* Ontkoppel elektriese toerusting tydens beurtkrag en koppel die toestelle eers nadat die kragtoevoer herstel is.
* Skakel jou hoofskakelaar af en skakel dit weer aan nadat die kragtoevoer herstel is.
* Neem kennis dat nie alle elektriese toestelle en rekenaartoerusting “kragopwekkervriedelik” is nie.
* Sou jy van ‘n kragopwekker gebruik maak, maak seker dat dit op die korrekte voorgeskrewe maniere gebruik word. Kragopwekkers kan ernsige skade veroorsaak indien dit onoordeelkundig gebruik word.
* Vermy oorlading op ‘n “multi prop”. Met kragstuwing kan dit maklik ‘n brand veroorsaak.

Related Articles

Back to top button