News

Span al jou sintuie in vir emosionele balans

Span al jou sintuie in vir emosionele balans

Totdat mense hul in krisistye soos 2020 se grendelstaat vasloop… en die lewe nie meer aan jou verwagtinge voldoen nie. Dan besef mens vinnig mense is nooit perfek nie, die lewe is nie regverdig en om net reg te voel hang van jouself af.

Vaalweekblad het by arbeidsterapeut, Tharien Aucamp gaan hoor hoe ouers hul kinders kan help in hierdie tye waar mens voel jy durf die lewe met ‘n onpaar skoene op ongelyk grond aan.  Tharien, self ‘n ma van twee, beduie aan die hand van die ou kinderstorie, Goue Lokkies en die drie beertjies, hoe almal “net reg” wil wees. Goue Lokkies het aangehou totdat sy die pap, stoel en bed gekry het wat “net reg” vir haar was. Die vraag is egter nou hoe kry ouers in die inperking dit reg om al hulle rolle  te vertolk en steeds “net reg” te wees en te funksioneer?

Laat jou kinders toe om jou te help al doen hulle dit nie soos wat jy dit sou doen nie. Hier help Maruche Herbst (2) om die glasdeure te was. (Foto: Nadine Herbst)

“Om “net reg” te wees is ‘n moeilike term en iets wat baie mense sê hul regkry, terwyl hul eintlik, soos Goue Lokkies, doodmoeg is na die gesoek daarna. Meeste ouers sal sê, ‘ek het nie tyd om na myself te kyk nie’ – en dit is presies waar ons die fout maak”, sê Tharien.

 Wanneer die veiligheidsregulasies in ‘n vliegtuig weergegee word, sê hul altyd dat jy eers jou eie suurstofmasker moet opsit alvorens jy probeer om jou kind of ander te help. Dis juis wat elke ouer nou moet doen. Sit jou eie emosionele suurstofmasker eerste op sodat jy in staat sal wees om jou kinders en ander te kan help.

Maak die kind in jou wakker… kleur in, verf, speel met klei of bou saam met jou kinders Lego’s om te ontlaai en te onstpan. (Foto: Gerda Bruinette)

Wenke wat werk

Koester en bederf

Wanneer iemand jou koester, stel jou brein positiewe endorfiene vry wat jou veilig laat voel. Jy moet dus toelaat dat ander mense ook vir jou goed doen al doen hulle dit nie soos wat jy dit sou doen nie. Dus, waardeer daardie beker koffie wat boetie vir jou maak, al is dit nie presies soos jy daarvan hou nie. Hy het probeer, want hy wou jou laat beter voel.  Geniet die omgee oomblik.

Die Neurowetenskap het bewys dat wanneer ouers gekoester voel sal hulle kinders veilig voel en kan hulle positiewe emosies deel word van hulle genetiese DNS. Onthou ook dat gedeelde geluk en genot die beste wapen is teen stres en trauma.

In jou huis…

Maak seker daar is iets in elke kamer wat jou laat goed voel. Dit kan ‘n foto, ‘n spesiale beker, kaartjie, plant, blomme, kussing, kleur of kombers wees. Kyk gereeld daarna en  fokus op hoe dit jou laat voel en op die onthou wat dit in jou losmaak. Die positiewe herrinnering sal endorfien vrystel wat jou “net reg” sal laat voel.

In die tuin…

Vind of maak ‘n spasie waar jy rustig kan sit of waaroor jy kan uitkyk. Plant ‘n spesifieke blom, maak ‘n klein kruie tuin, enige iets wat vir jou mooi is, lekker ruik of ‘n goed voel herinnering skep. Maak dan ‘n punt daarvan om elke dag ten minste 5 minute  net daar te gaan sit sonder enige tegnologie. Haal diep asem en neem al die sensoriese elemente in. Die blare wat val, die koel wind en blou lug.

Tharien sê: “Onthou, die oefening is nie om die huis of tuin beter te laat lyk of op te ruim nie, maar eerder om positiewe herinneringe in die huis te hê.”

Vir die dae wat selfs 5 minute op jou eie na ‘n onmoontlikheid lyk,  “steel” ‘n paar ekstra oomblikke vir jouself deur byvoorbeeld jou hande met ‘n goeie handeseep  te was of vinnig te behandel met ‘n lekker ruik sout skrop. Terwyl jy dan hande was met die ekstra spesiale seep, is dit ook vir jou brein ‘n tyd om die oorgang te maak van een rol na ‘n ander. Google gerus “Salt Scrub”, vir maklike en bekostigbare resepte.

Elke keer wat jy stop en op iets mooi fokus, of jou hande om ‘n warm beker koffie vou en die hitter ervaar, onderbreek jy die stres patroon en verskaf dit tydelike sensoriese verligting. Amper soos om jouself te “reset”. Iets wat elkeen nodig het om te doen. Tharien sê alhoewel almal nie dieselfde reageer op die huidige situasie nie, ervaar almal tog ‘n vorm van trauma. Baie daarvan juis omdat ons nie in beheer van die situasie kan wees nie.

Dit is belangrik om te weet wat vir jou sal werk om te keer dat jy oorweldig word. Vir party werk ‘n warm bad of om rustig na musiek te luister. Vir ander werk dit eerder om bossies in die tuin te gaan uittrek, of hul hande (en gedagtes) met handwerk besig te hou.

Vir meer inligting oor self-regulering wanneer dinge te veel raak, gaan na https://www.sensoryattachmentintervention.com/articles.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Span al jou sintuie in vir emosionele balans

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button