News

Parysenaars kan weer bloedskenk volgende week

Parysenaars kan weer bloedskenk volgende week

Wêreld-bloedskenkermaand word gedurende Junie regoor die wêreld gevier met 14 Junie as Wêreld-bloedskenkerdag. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 9 Junie by die Hervormde Kerksaal vanaf 11:00 tot 18:00.
Gedurende Wêreld-bloedskenkermaand word daar internasionaal erkenning aan bloedskenkers gegee. Wêreldbloeskenkermaand skep bewusmaking vir die behoefte aan veilige, kwaliteit bloed en bloedprodukte en eer talle vrywillige, onbetaalde bloedskenkers vir hulle lewensreddende geskenke van bloed. Wêreldbloedskenkermaad dien ‘n verdere doel: om breë bewusmaking regoor die wêreld te skep oor die beskikbaarheid asook die gepaste gebruik van veilige bloed en bloedprodukte. Dit beklemtoon ook die behoefte aan meer toegewyde onvergoede bloedskenkers.
Die SANBD moedig elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit. Streng maatreëls word gevolg om die veiligheid van skenkers te verseker.
Die minimum vereistes om ʼn bloedskenker te wees, is:
•Wees tussen die ouderdom van 16-75 jaar
•Weeg meer as 50kg
•Geniet goeie gesondheid
•Leef ʼn veilige seksuele leefstyl.
SANBS wil graag alle gereelde bloedskenkers bedank en aanmoedig om aan te hou om gereeld bloed te skenk.
Vir meer inligting, besoek ons gerus by www.sanbs.org.za of skakel tolvry 0800 11 90 31

Related Articles

Back to top button