NewsNews

Onsekerheid heers oor heropening van skole

Onsekerheid heers oor heropening van skole

Matrieks en Graad-7 leerlinge het Sondagmiddag, 31 Mei rondom 14:00 ‘n skrywe van hulle skole ontvang waarin hulle verwittig is dat hulle skole nie Maandag, 1 Junie sal heropen nie.

Hoewel die onderwyswoordvoerder, Elijah Mhlanga, later Sondagaand in ‘n verklaring gesê het dat skole eers op 8 Junie sal heropen, kan hierdie datum weer verander omdat die minister van basiese opvoeding, Angie Motshekga, tans besig is om die  media toe te spreek  om die amptelike reëlings te kommunikeer.

Dié skielike verandering van planne volg nadat verteenwoordigers van onderwysunies en nasionale beheerliggaamsverenigings Saterdagaand met Motshekga vergader het om die heropening van skole te keer.

Hulle het al Vrydag ‘n verklaring uitgereik waar hulle die opening van die skole op 1 Junie ten sterkste veroordeel. Volgens hulle is die gesondheid- en veiligheidstandaarde van baie skole in die provinsies nog nie op standaard nie.

Hoewel Motshekga ‘n 10-dae grasieperiode gegee het vir dié skole om hulle standaarde in plek te kry, voer die unies en verenigings aan dat dit onregverdig teenoor dié skole is en dat niemand agterweë gelaat moet word nie. Hulle wil hê skole regoor die land moet eers heropen wanneer almal hulle persoonlike beskermende toerusting ontvang het.

https://potchefstroomherald.co.za/73426/heropening-van-skole-n-week-uitgestel/

Related Articles

Back to top button