NewsNews

Gazette kantoor: Ons hou tred met veranderende tye

Gazette kantoor: Ons hou tred met veranderende tye

Nog nooit tevore was Suid-Afrikaners so in die diep kant ingegooi met digitale platforms en die innoverende gebruik van tegnologie as juis die afgelope twee maande.
In gredeltyd het ook die Gazette se personeel hul kantoorlessenaars huis toe geskuif om lesers dwarsdeur inperking op hoogte te kon hou van akkurate en betroubare plaaslike nuusinhoud. Ons kon met adverteerders en die publiek skakel, jou oproepe en vrae antwoord, en as erkende essensiële diens deurentyd inligting vinnig en doeltreffend deurgee.
Juis omdat hierdie tyd gewys het hoe doeltreffend dit gedoen kan word, is besluit om ‘n nuwe fase te betree deur jou nou ook volledig aanlyn te bedien. Daarom sal Gazette voortaan nie meer van ‘n kantoorperseel gebruik maak nie, maar kan jy direk met personeel skakel, aanlyn jou bydraes stuur en betalings doen vanaf 1 Junie.

Oor die jare het die Parys Gazette ‘n deel van elke huishouding in die dorp geword. ’n Naam wat jy kon vertrou.
Van die dae toe daar nog op die Heidelberg Kord in Chrisset Drukkery in Kortstraat gedruk is, en advertensies en berigte met warm was geplak en met liniale opgelyn is. Dae toe swart-en-wit foto’s nog in die donkerkamer ontwikkel is, en al wat skoolkind is gehelp het om die koerantblaaie inmekaar te voeg.
Met tyd is oorgegaan op 1.44 meg stiffies (dataskywe) om data te stoor – eerste digitale treë. Film is nie meer gebruik nie, en die Heidelberg Kord het plek gemaak vir die rolpers.
Daar was naamsverandering van die Parys Pos na die Noord-Vrystaatse Gazette en toe Parys Gazette. Private eienaarskap het plek gemaak vir groepseienaarskap toe die dorp se koerant in 2000 aan MooiVaal Media verkoop is.

Aanlyn het ‘n verlengstuk van die gedrukte koerant geword met die Gazette wat ook sy eie Facebook-blad en webtuiste gekry het.
Verandering het verbetering gebring aan die wyse waarop ons die gemeenskap kan dien, en is Parys een van min dorpe in die land wat steeds spog met ‘n eie koerant.
Na meer as 30 jaar kan jy dus steeds seker wees van jou elke Donderdag in jou posbus. Jou koerant vir jou dorp met dieselfde gesigte en die diens waarop jy nog altyd kon staatmaak

Hoe kontak jy ons voortaan:

Redaksie
Liezl Scheepers – 083 577 4436
E-pos: gazettenuus@gmail.com

Advertensies:
Geklassifiseerd, vakatures en regskennisgewings
Paulina Barda – 073 772 3649
E-pos: paulina.barda@mooivaalmedia.co.za

Vertoon advertensies
Betsie Trieloff – 073 224 4044
E-pos: betsie.trieloff@media24.com

Noordwes Advertensiebestuurder
Antoinette Badenhorst – 083 664 3328
Antoinette.Badenhorst@mooivaalmedia.co.za

 

Related Articles

Back to top button