News

Krag nie 16:00 aan nie

Krag nie 16:00 aan nie

Daar kan nog geen defnitiewe aanduiding op hierdie stadium gegee word van wanneer kragtoevoer na die groter Parys herstel sal wees nie.

Wat wel duidelik is, is dat Parysenaars nie teen 16:00 vanmiddag sal krag hê nie.

Eskom het ook in sy verklaring gesê hoewel alles moontlik gedoen word om die herstelwerk te bespoedig, geen tydsraamwerk nog gegee kan word vir wanneer die herstelwerk voltooi sal wees nie.

Intussen is daar geweldige uitdagings rondom watervoorsiening in die dorp en is verskeie klagtes vanoggend ontvang oor  munispale watertenks wat leeg raak terwyl nie voorgebly kan word om water aan te ry vanaf Rand Water se opgaardam in Sasolburg om die meer as 50 munisipale watertenks vol te maak nie.

Selfs wanneer die kragtoevoer na die dorp herstel word, sal watervoorsiening ook steeds ernstig geraak word omdat daar ook geen kragopwekker by die waterwerke is nie. Derhalwe sal sodra krag herstel is eers begin kan word om water te suiwer en deur die stelsel te pomp wat tyd sal neem. Dit sal ook ‘n wyle neem vir die opgaardamme om vol te loop terwyl huishoudelike watertenks en waterverbruik nog verdere druk op watervoorsiening sal plaas.

Mense is gevra om sodra die krag aankom asseblief water en krag baie spaarsamig te gebruik om die netwerke kans te gee om te stabiliseer.

Die hele Parys is al sedert Dinsdagmiddag sonder krag na ‘n ontploffing in die beheerkamer van een van Eskom se substasies.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button