News

Kanse al groter vir nog ‘n kragdonker nag

Hou egter asseblief in gedagte dat hierdie slegs verwagte aanduidings is en dat geen defnitiewe tye of aanduidings op hierdie stadium gegee kan word oor die tydsraamwerk vir herstel nie. 

Teen 12:00 vanmiddag het die kanse al skraler begin lyk dat Parys, Tumahole en Schonkenville vandag sal krag hê, en word daar nog gewag vir ‘n kragtoevoerkabel.

Die verwagting voorlopig is dat kragtoevoer wel teen môre herstel sal wees.

Hou egter asseblief in gedagte dat hierdie slegs verwagte aanduidings is en dat geen defnitiewe tye of aanduidings op hierdie stadium gegee kan word oor die tydsraamwerk vir herstel nie. 

Die hele Parys se kragtoevoer is sedert Dinsdagmiddag laat onderbreek na ‘n ontploffing in die beheerkamer van een van Eskom se substasies in die dorp. Die gevolg is dat ook watervoorsiening vir die hele dorp geraak word. Mense het sedert gister in lang rye by gas- en waterverskaffers gestaan met bittere koue weersomstandighede wat die kragkrisis nog verder vererger.

Die lang rye voor Parys Gas is Woensdag en ook vandag gesien terwyl mense in bittere koue weersomstandighede sonder krag en water moes klaarkom. 

 

Eskom en Ngwathe tegnici werk sedert gister by die substasie, maar is vanoggend al by monde van DA-raadslid, Andries Vrey, gesê dat munisipale beurtkrag Parysenaars se voorland sal wees tot minstens einde volgende week.

Luidens die verklaring is die verbruik in Parys meer as die maksimum ooreengekome kragtoelating vanaf Eskom vir die munispaliteit, en sal sodra die substasie skade herstel en daar weer kragtoevoer is,  geen ander keuse wees as om munispale beurtkrag toe te pas nie.

Vrey het ook gesê die waarnemende tegniese bestuurder vir Ngwathe, het aangedui dat ‘n beurtkrag skedule beskikbaar gestel sal word.

Die munispaiteit het met die skrywe van hierdie artikel egter nog geen verklaring aan die media oor munisipale beurtkrag of ‘n skedule beskikbaar gestel nie.

Mense is weer gevra om sodra die kragtoevoer herstel is, assseblief onnodige kragtoestelle af te skakel om te voorkom dat daar weer skade aan die kragnetwerk kom.

 

 

Related Articles

Back to top button