News

Tem jou haredos in grendeltyd

Tem jou haredos in grendeltyd

Met salondeure wat oënskynlik nog vir lank gesluit sal wees, sit baie vrouens hande in die hare met die grys hare wat kop uitsteek en ’n ontembare haardos wat smag na ’n skêr of knipper.

Linde Peters Swartz gee raad:
* Moet nooit probeer om self jou hare te sny nie…dit kan katestrofies wees.
* As jou kuif pla, moet nooit probeer om dit te sny terwyl dit nat is nie. Blaas eers jou hare droog en vra dan iemand in jou huisgesin om te help.
* Waak daarteen om te frons wanneer jy sny, anders sny jy dalk te kort.
* Sny eerder minder af as té veel.
* Vir krulle, voed jou hare met outydse hot oil. Jy kan selfs coconut olie effe warm maak en in jou kopvel in masseer. Dis baie goed vir die kopvel. Maak dan ’n handdoek lekker warm en vou dit om jou kop. So kry die olie kans om in jou kopvel in te trek soos ’n regte haarspa. Hou aan vir 6 tot 8 minute. Vermy enige rou produkte soos eier en suurlemoen op jou hare – dit sal jou hare se buitenste laag beskadig.
* Was jou hare deeglik met ‘n goeie sjampoe na enige oliebehandeling. Onthou enige sjampoe haal olies uit jou hare en kan dit droog laat. Dit is daarom belangrik om ’n goeie opknapper na elke was te gebruik wat die haarwortels weer seël.
* ’n Haarserum help om ‘frizzy’ hare te beheer.
* Om jou hare gereeld te borsel hou dit koekvry en maak dit makliker beheerbaar.
* Vir die grys hare – wag liewer vir jou haarkapster om professionele produkte te kry – dit is net soveel beter.
Daar is geskenkbewyse beskikbaar wat by jou haarkapster gekoop kan word vir vroegtydige bespreking vir wanneer grendeltyd verby is, asook aanlyn geleentheid om professionele haarprodukte te koop wat gewoonlik binne drie dae by jou deur afgelaai kan word.

Related Articles

Back to top button