News

Krag na verwagting eers môre herstel

Mense staan tou vir gas

Kragtoevoer na die groter Parys sal eers teen die vroegste moremiddag herstel wees.

Eskom het in ‘n amptelike verklaring gesê dat ‘n fout by ‘n transformator in een van sy substasies in Parys ‘n brand in die substasie beheerkamer veroorsaak het omstreeks 20:32 Dinsdagaand 26 Mei.

Kort voor dit was die hele Parys, net soos Maandagaand, ook sonder krag. Kragtoevoer was egter skaars Dinsdagaand herstel toe die brand ontstaan het.

Eskom en Ngwathe se tegniese spanne is van vroeg vanoggend af besig by die substasie maar sal herstelwerk na raming minstens 24 uur neem. Die nodige parte en toerusting is reeds by die substasie maar inwoners is gevra om asseblief geduldig te wees omdat herstelwerk tyd gaan neem.

Watervoorsiening word ook in die hele Parys geraak weens die kragkrisis, maar sal die munisipaliteit steeds watertenks in die dorp volhou. Daar is tenks in Tumahole, Schonkenville asook in Derdelaan en by die stadsaal.

Daar is  onderneem dat die publiek via die media, raadslede en sosiale media platforms  op hoogte gehou sal word van die vordering wat gemaak word.

Mense het al van vroeg vanoggend tou gestaan om gas en water te koop met bittere koue weerstoestande wat tans oor die land gevoel word.

Die beskadigde substasie waar daar reeds van vroeg vanoggend gewerk word deur tegnici van Eskom en Ngwathe om die skade te herstel na ‘n brand in die substasie beheerkamer 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button