News

President praat môre

President praat Sondagaand

President Cyril Ramaphosa sal môre, Sondag 24 Mei,  om 19:00 met Suid-Afrikaners praat oor die jongste verwikkelinge en strategie om die verspreiding van Covid-19 in die land te beperk. Die hoop is dat daar moontlik  meer lig gewerp sal word oor die vooruitsigte om van vlak 4 inperking na vlak 3 regulasies te beweeg.

Op dag 58 van die staat van nasionale inperking staan SA se bevestigde infeksiesyfer nou op 21 343. Die Wes-Kaap alleen se infeksiesyfer staan op 12 947.

Daar is  alreeds 407 mense in die land dood aan die virus.

Wêreldwyd het ‘n  totaal van 333 401 nou al aan Covid-19 gestef, waarvan 5 663 sterftes die afgelope 24 uur was.

Related Articles

Back to top button