NewsNews

Eskom sê moet nog nie bekommer nie

Nadat daar Dinsdagaand gewaarsku is oor druk op die kragnetwerk, het Eskom verbruikers gerusgestel deur te sê daar dreig nog nie beurtkrag nie. Suid-Afrikaners het die laaste keer op 15 Maart beurtkrag gehad. Verbruikers is wel gevra om onnodige ligte, swembabpompe, warmwatertoestelle en alle ander nie-noodsaaklike toestelle af te skakel. Maar kenners is minder gerus …

Nadat daar Dinsdagaand gewaarsku is oor druk op die kragnetwerk, het Eskom verbruikers gerusgestel deur te sê daar dreig nog nie beurtkrag nie. Suid-Afrikaners het die laaste keer op 15 Maart beurtkrag gehad.

Verbruikers is wel gevra om onnodige ligte, swembabpompe, warmwatertoestelle en alle ander nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.

Maar kenners is minder gerus en meen namate nywerhede en myne weer ten volle in bedryf kom, kan dit druk op die kragnetwerk verhoog. Boonop raak dit ook nou kouer wat verbruik aansienlik behoort te beïnvloed.

Sedert die staat van inperking het kragverbruik met tussen 7 500 MW en 9 000 MW per dag verminder, maar dit het weer sedert begin Mei opgetel toe myne en baie fabrieke weer met produksie begin het. Wanneer daar na vlak 3 beweeg word, sal nog meer ondernemings hul ligte aanskakel, en sal die vraag na krag nog styg.

Eskom kon boonop tydens inperking nie van die onderhoud doen wat nodig is by sy kragstasies nie, grotendeels weens reisbeperkings en onderdele wat met die kort kennisgewing van inperking nie betyds bestel kon word nie. Sulke bestellings verg tyd en beplanning.

 

Related Articles

Back to top button