NewsNews

Tooi Turkoois vir ons bejaardes

Tooi Turkoois vir ons bejaardes

Tooi Turkoois en skep so ‘n bewustheid ook vir ons bejaardes in die dorp wat tans baie swaar geraak word deur eensaamheid tydens inperking.
Die Tooi Turkoois Bewusmakingsveldtog vir bejaardes behels dat jy jou omgewing, jou huis, jou motor, of winkel met turkoois kan opmaak. Of dit nou ‘n turkoois strikkie of T-hemp is wat jy dra – enigiets turkoois wys ook jou omgee. Stuur dan sommer jou turkoois getooide foto na 078 070 5200, sodat dit ter ondersteuning van die veldtog op sosiale media geplaas kan word.
Jy kan op www.onstuis-otmt.org.za, of die Facebookblad ONS TUIS-otmt gaan kyk as jy meer wil lees oor die veldtog.
Die Amot Tehuis vir Bejaardes is deel van die Ons Tuis-groep en jy kan vanaf 15 Mei tot 15 Junie spesifiek vir die veldtog ook hier uitreik na bejaardes met gebare van omgee, aangesien kuier nou uit is.

Dalk kan jy kolwyntjie koekies bak en aflewer, of help met skenkings vir items soos waslappe, badseep, handeroom, sjampoe, “wet wipes”, sneesdoekies, tandeborsels, skeermesse, handeroom, oorstokkies, waspoeier, Stasoft, Dettol of enigiets anders wat nou deur die tehuis benodig word.
Die tehuis sê dankie vir die anonieme skenkings van spinasie en sopbone wat reeds ontvang is.
As jy kan help met die verkoop van plakkers vir die veldtog, kan jy matrone Broodryk by die tehuis by (056) 811 2185 skakel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button