News

Eerste pap-OTM begin werk

Eerste pap-OTM begin werk

Dit is opgerig by die Banna Ba Kae-gemeenskapsentrum (Mogotsistraat 9014/42) wat sentraal in Ikageng, naby die polisiestasie en SASSA, geleë is.

Dié masjien is uit nood gebore toe die Potchefstroom/Tlokwe Sakekamer en CFAM Techonologies, die vervaardigers van voedsel ekstrusie toerusting, saamgespan het om kitspap aan behoeftige mense uit te deel. Baie Suid-Afrikaners staar hongersnood in die gesig omdat hulle weens die inperkingsregulasies nie kan werk om ‘n inkomste te verdien waarmee hulle voedsel kan aankoop nie.

Constance Kenekene is die eerste inwoner van Ikageng wat haar meel by die pap-OTM ontvang het.

Die Sakekamer en CFAM het al bykans ‘n miljoen maaltye aan hulpbehoewende mense in en om Potchefstroom verskaf.

Die uitdeel van die 5kg sakke pap is egter ‘n logistieke nagmerrie. Die hulp van vrywilligers uit Potchefstroom raak al hoe minder nou dat meer mense stadigaan begin terugkeer werk toe.

LJ Grobler en Danie Vorster is die projekbestuurders wat saam met ander ingenieurs dié pap-OTM binne slegs twee weke ontwerp en gebou het.

Die pap-OTM help om die baie administrasie en arbeid uit te sny en sorg dat die meel aan die regte persoon op die regte tyd uitgedeel word.

Die OTM word binne ‘n herwonne skeepsvraghouer ingebou wat dan in ‘n veilige gebied staan. Dit word net een keer per week hervul. Die ontvanger kry ‘n elektroniese koepon met ‘n pin-nommer op sy selfoon wat hy by die pap-OTM moet intik en gebruik sy eie houer/sak waarin die meel uitloop.

Die ingenieurs het selfs ook gedink aan ‘n opeenhoping by die masjien. Die tyd waarin die ontvanger die meel moet afhaal word ook op die koepon aangedui, wat beteken dat dit binne ‘n sekere tydperk moet geskied. So word opeenhoping vermy. Projekbestuurders weet dan wanneer ‘n koeponhouer sy porsie ontvang het.

Daar word ook gespaar op verpakking wat voordelig is vir die natuur, want die 5kg meelsakke kan hergebruik word om besoedeling te voorkom.

https://potchefstroomherald.co.za/72856/eerste-pap-otm-begin-werk/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button