NewsNews

Jy mag nou trek, maar onthou….

Jy mag nou trek, maar net as jy aan die volgende voorwaardes voldoen

As jy moes trek is dit nou die tyd .

Daar is grasie gegee van 7 Mei tot 7 Junie vir mense wat net voor die nasionale staat van inperking sou trek en dit toe nie kon doen nie.

MAAR onthou slegs diegene wie se eiendomsoordrag voor 27 Maart al afgehandel was vir die nuwe huis of sakeperseel, of as jou huurooreenkoms voor of tydens vlak 5 van inperking (27 Maart tot 30 April) geteken was.

Die vergunning om jou meubels en goedere te mag skuif, geld ook vir mense wat oor provinsie, stad  en streekgrense moet beweeg.

Die feit dat mense tydens die nasionale staat van inperking nie toegelaat was om te kon trek nie, was ‘n bitter pil en groot bekommernis vir baie veral huurders wat gekla het dat hul beide hul huidige huurkontrak en nuwe huurkontrak moes eerbiedig,

Minister Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake het Donderdag nuwe regulasies vir die EENMALIGE beweging van mense en goedere tydens  vlak 4 van inperking binne die landsgrense aangekondig.

Jy moet egter onthou dat jy steeds aan alle inperkingsregulasies soos wat dit tans van toepassing is, sal moet voldoen, en dat jy ook die nodige permitte by jou moet hĂȘ.

Hierdie permit moet aandui wie die persoon/persone is wat trek, die nuwe adres waarnatoe getrek word, bewyse van die huurooreenkoms waarop aangedui word wanneer die vorige huurooreenkoms verval en wanneer die nuwe huurooreenkoms in werking tree, of dan die oordragdokumente in geval waar jy ‘n eiendom gekoop het waarop aangedui moet wees die verandering van eienaar en adres van die eiendom waarnatoe getrek word.

 

 

Related Articles

Back to top button