NewsNews

Dit lyk nou anders by howe

Die Covid-19 pandemie het mense se lewens totaal omgekeer. Ook by howe lyk dinge deesdae baie anders. Waar jy vroeër mense in groepies voor die hofgebou in Parys sou sien staan aan die gesels of rook voor die aanvang van n hofsitting, is dit nou stil – nie verlate, net baie stiller. Die harde houtbankies …

Die Covid-19 pandemie het mense se lewens totaal omgekeer. Ook by howe lyk dinge deesdae baie anders.

Waar jy vroeër mense in groepies voor die hofgebou in Parys sou sien staan aan die gesels of rook voor die aanvang van n hofsitting, is dit nou stil – nie verlate, net baie stiller.

Die harde houtbankies in die wagarea voor die hofdeur is sonder mense.  Nie soos altyd volgepak nie – net enkelinge.

By die deur is dieselfde twee vriendelike gesigte soos vroeër. Hofpersoneel wat jou vra om die register te teken – wie jy is en waar jy heengaan. Maar dis anders nou, meer volledig. Jou naam is nie genoeg nie. Jy moet jou adres gee, jou kontaknommer, sê of jy gereis het, of jy met iemand in kontak was met Covid-19, of jy getoets is. Sanitasiemiddel word gespuit.

In die hof sit mense ver uitmekaar. Daar’s afstand. Geen kontak

En almal dra maskers. Geen glimlagte, geen uitdrukkings.

 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button