Onthou ook dat jy nog net tot more, 7 Mei, kans het om sonder ‘n permit oor provinsiegrense en tussen metropole te kan beweeg as jy nie by die huis was toe die aanvanklike staat van inperking aangekondig is nie. Dit is nie ‘n verskoning vir rondrits nie en jy sal steeds ‘n goeie veruideliking moet hê wanneer jy by padblokkades gestop word. Hierdie geld slegs vir mense wat nie betyds by die huis kon kom toe vlak 5 inperking aangekondig is nie, en waar jy nou heengaan is waar jy sal moet bly tydens vlak 4 van inperking.