NewsNews

en die dorp is BESIG….

Lang rye voor kruidenierswinkels, klerewinkels en banke

Die strate van Parys was sedert Maandag selfs nog besiger as ‘n gewone einde van die maand voor Covid-19. Nie net was een van die groot redes die uitbetalings van Sassa-toelaes vandeesweek nie, maar ook die feit dat besighede nou toegangsbeheer moet toepas met net ‘n beperkte aantal kliĆ«nte wat in winkels mag wees.

Rye en rye mense het oral op sypaadjies by klerewinkels, kruidenierswinekels en banke gestaan en sommige laatslapers wat agterin die tou beland het, het later omgedraai om more weer te probeer

Sosiale afstand tussen mense is beslis nie oral gesien nie. En moenie glo nie – die maskers pla. Oral kon jy mense sien vroetel aan maskers, of het dit aan een oor of onder die ken gehang.

Die les om te leer – as jy nou wou gaan wintersklere koop, sal jy dalk ‘n dag se verlof moet insit, want die uitstappie kan jou ‘n paar uur neem.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button