Goeie nuus vir Jan Publiek is dat meeste banke in Parys weer langer besigheidsure het noudat daar na vlak 4 inperkingsregulasies beweeg is vanaf 1 Mei.
Met maatskaplike toelaes wat weer vandeesweek uitbetaal word, het mense van vroegoggend by banke tou gestaan.
So lyk bankure in Parys nou:
African Bank:
Maandag tot Vrydag 08:30- tot 16:00
Saterdae: Gesluit
Standard Bank
Maandag tot Vrydag 09:00 tot 15:30
Saterdae 08:30 tot 11:00
Absa
Maandae tot Vrydae 09:00 tot 15:00
FNB
Maandae tot Vrydae 09:00 tot 15:30
Saterdae 09:00 tot 11:00
Capitec
Maandae tot Vrydae 08:00 tot 17:00
Saterdae 08:00 tot 12:00
Onthou asseblief dat alle banke die nodige veiligheidsmaatreëls in plek het en dat daar van jou verwag sal word om ‘n masker te dra, afstand te hou tussen kliënte en dat die hoeveelheid kliënt in banke beperk word.
Met maatskaplike toelaes wat vanaf vandag weer uitbetaal word en die begin van ‘n nuwe maand en rekeninge wat betaal moet word, het mense vroegoggend reeds in ellelange rye by banke tou gestaan.