NewsNews

Dit is wat nou van werkgewers vereis word

Jou werkers word jou verantwoordelikheid

Daar sal van Maandag af ‘n baie groot verantwoordelikheid rus op die skouers van elke werkgewer wie se werkers mag terugkeer werk toe.

‘n Lys van basiese vereistes is deur minister Thulas Nxesi, minister van arbeid, bekendgemaak toe gemaan is dat werkgewers eerder oorversigtig moet wees as om kanse te vat.

Daarby was daar ook die waarskuwing – voldoen nie aan die vereistes nie, en departement arbeid kan jou onderneming sluit.

Wat jy sal moet doen:

  1. Sorg dat al jou werknemers ingelig is, weet wat Covid-19 is en hoe dit versprei.
  2. Almal sonder uitsondering moet maskers by die werk dra. Dit sluit al die werknemers in maar ook alle kliënte. As werkgewer moet jy vir elke werker ten minste twee materiaalmaskers gee.
  3.  Daar moet handreiniger wees met ‘n alkoholinhoud van ten minste 70%.
  4. Daar moet ‘n afstand van 1,5m tussen werknemers gehandhaaf word, of ten minste ‘n skerm wees tussen werknemers en kliënte. HIerdie afstand geld ook waar mense sou eet of waar vergaderings gehou word.
  5. Dit is belangrik dat daar goeie ventilasie in die werksplek sal wees.
  6. Alle werknemers moet deur ‘n siftingsproses gaan om te toets vir moontlike simptome voor hul begin werk.
  7. As jy simptome van Covid-19  by die werk sou ontwikkel, moet jy jou werkgewer dadelik daarvan sê, jy moet in isolasie geplaas word, en moet departement arbeid en departement gesondheid hiervan ingelig word. Die persoon sal eers weer kan terugkeer werk toe as hy/sy negatief toets en al die korrekte prosedures gevolg is.
  8. Werkgewers sal ook die departement van gesondheid moet bystaan om enige moontlike mense wat met die persoon met Covid-19 in aanraking was, op te spoor.
  9. Werkgewers en werknemers het beide die verantwoordelikheid om seker te maak alles moontlik word gedoen om te keer dat die virus versprei of oorgedra word.
  • Intussen is ook aangekondig dat bestuurskole ook weer van Maandag af kan oopmaak. 

Onthou dat jy Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys kan ondersteun met hul masker inisiatief om ook die sentrum te help om finansieël te oorleef. Lees ook die berig oor die sentrum se masker-inisiatief hieronder. 

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/36345/face-masks-instead-bracelets-scary-times-coping-positive/

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button