NewsNews

Eerste dag van vlak 4 inperking – en die ark is oop

Mense staan van vroeg tou voor klerewinkels

Mense het vanoggend letterlik na klerewinkels en kruidenierswinkels gestroom met die eerste dag van Vlak 4 inperkingsregulasies wat vanaf middernag Donderdag 30 April in werking getree het.

In Parys was meeste klerewinkels al vroeg reg om sake te doen, maar is daar beperkings gestel op die hoeveelheid mense wat die winkels kon ingaan.

By Ackermans is net 25 mense op ‘n slag in die winkel toegelaat en almal moet maskers dra. Jy kon enige kledingstukke koop maar geen haarbykomstighede nie.

Ook by Truworths waar ‘n lang ry mense gestaan en wag het om in te gaan, is net 15 mense op ‘n slag in die winkel toegelaat.

Waar jy kyk was die strate besig – soos enige ander besigheidsdag in die dorp. Die enigste verskil – meeste het maskers gedra. Sommige kleurvol, ander duidelik ontuis in die nuwe stukkie bykomstigheid. Baie maskers was ook nie op nie en het onder die ken gehang, terwyl ander ook nie die neus en mond bedek het nie.

By van die kleiner informele handelaars was beslis geen sprake van sosiale afstand wat tussen mense gehandhaaf moet word nie.

Baie min wou regtig sê wat hulle kom koop, maar sommige was wel bereid om te sê dat hulle kinderklere moes kom koop.

So het dit vanoggend by Makro in Vanderibijlpark gelyk. Foto’s: Lelani Potgieter.

By Makro in Vanderbijlpark het mense vroegoggend vir langer as ‘n uur tou gestaan om te kon ingaan en is daar van ‘n kaartjiestelsel gebruik gemaak om toegang te beheer.

En as jy die rye mense sien staan het  – kon jy ook nie anders om te wonder hoeveel van die inkope nood, en hoeveel net maar te dankbaar was vir die kans om uit die huis te kon kom.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button