News

Twee nuwe COVID-19-gevalle in Potchefstroom

Twee nuwe COVID-19-gevalle in Potchefstroom

Daar is nou twee nuwe gevalle van COVID-19 in Potchefstroom na die Noordwes department van gesondheid vanoggend (Woensdag, 29 April) nuwe statistiek bekend gemaak het. Altesaam word die bevestigde gevalle in Potchefstroom as drie aangedui.

Volgens die woordvoerder, Tebogo Lekgethwane, was die statistiek van Klerksdorp en Potchefstroom eers verkeerd aangedui.

Noordwes Gesondheid het die bevestigde gevalle in Klerksdorp op Maandag, 27 April as vier persone en Potchefstroom as een aangeteken. Dinsdag, 28 April is die statistiek verander na Klerksdorp twee en Potchefstroom drie.

Die infeksietelling in die Noordwes provinsie het sedert Maandag, 27 April met met een gestyg wat nou te staan kom op 29 gevalle.

Die Herald sal later oor die gevalle in Potchefstroom berig soos nuwe inligting bekend gemaak word.

Lees die oorspronklike berig hier:

https://potchefstroomherald.co.za/72479/twee-nuwe-covid-19-gevalle-in-potchefstroom/

Related Articles

Back to top button