NewsNews

So is gesê oor skole

Let wel dat hierdie planne nou  aan die Nasionale Bevelsraad voorgelê sal word waarna die finale besluite nog bekendgemaak moet word. Die Minister van Basiese Onderwys se mediakonferensie is eers op Donderdag 30 April om 10:00.

Die portefeulje komitee vir basiese onderwyse en die verkose komitee oor onderwys, tegnologie, sport, kuns en kultuur het vanoggend vergader oor die plan vir skole vir die pad vorentoe. By vanoggend se mediakonferensie is die volgende gesê:

Daar sal nou aan die nasionale bevelstruktuur ‘n plan voorgelê word dat skoolhoofde en onderwysers dalk op 4 Mei sal aanmeld by skole om die skole gereed te kry vir wanneer die eerste leerders teruggaan skool toe.  Dan is die plan dat daar op 11 Mei met onderwysers vergader sal word om die kurrikulum te herstruktureer.

Dit wil lyk asof daar nou gekyk word daarna dat  matrieks en graad 7’s eerste in Mei sal terugkeer skooltoe, waarna die ander grade oor ‘n tydperk in fases sal teruggaan skooltoe.

Die departement het egter vanoggend die versekering gegee dat kinders nie teruggestuur sal word skooltoe as dit nie veilig is nie. Elke kind sal ‘n lapmasker moet dra veral as hulle van openbare vervoer gebruik moet maak om by die skool te kom.

Die departement het gesê hy sal alle redelike maatreëls in plek kry om seker te maak dat kinders nie aansteek by skole nie. Kwesbare leerders en onderwysers sal ook geidentifiseer moet word, terwyl ook na veilige vervoer van leerders en werkers by skole gekyk moet word. Daar sal ook daaglikse siftingstoetse vir onderwysers en leerders moet wees, en beweging tussen klasse moet beperk word. Klaskamers moet vooraf en aan die begin van elke skooldag ontsmet word en hande sal gesaniteer moet word voordat daar in die klaskamers inbeweeg word.

Daar sal gekyk word na ekstra ondersteuning vir die matrieks, maar is gesê dat verwag word dat die graad 12-leerlinge wel eksamen sal skryf oor die hele kurrikulum. Ander grade mag dalk volgens ‘n hersiene kurrikulum geassesseer word.

Die plan is ook om die Mei/Junie eksamens vir die nasionale senior sertifikaat te kombineer met die Oktober/November eksamen en dat die datum van die November/Desember eksamen geherskeduleer sal moet word.

Rekordeksamens vir matrieks sal na verwagting nog in September geskryf word.

Van die grootste kwessies wat kommer wek is sosiale afstand tussen leerders, die gebrek aan water en sanitasie by sommige skole en oorvol klasse. Die Wes-Kaap en Gauteng provinsies wat tans as episentrums vir die virus gesien word, is ook ‘n groot bekommernis.

Sportbyeenkomste en wedstryde, kooroefening, Eistedfods en feeste gaan ook nie nou gehou kan word nie, terwyl ekstra klasse in kleiner groepe sal moet plaasvind.

  • Let wel dat hierdie planne nou  aan die Nasionale Bevelsraad voorgelê sal word waarna die finale besluite mpg bekendgemaak moet word. 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button