News

Inperking – kyk na jou veiligheid!

Met die inperking wat bes moontlik nog vir ‘n tyd lank met Suid-Afrikaners sal wees, is dit belangrik om te weet dat moeilike lewensomstandighede ook misdaad tot gevolg kan hê.

Moet daarom nie jou waaksaamheid ten opsigte van persoonlike veiligheid agterweë laat nie.
Hou die volgende wenke in gedagte:
1. Plaas alle noodnommers op “speed dial”.
2. As jy onseker is oor jou veiligheid, skakel die polisie of sekuriteit, of laat ‘n boodskap op jou buurtwag-groep.
3.Wanneer jy op straat, in ʼn gebou of inkopiesentrum is, wees waaksaam en skerp ingestel op jou omgewing.
4. Maak ʼn punt daarvan om seker te maak van die ligging van die polisiestasie, brandweer en hospitaal waar jy hulp kan kry indien nodig.
5. Maak ʼn gewoonte daarvan om nie duur juweliersware in die openbaar te dra nie.
6. Vermy dit om groot kontantbedrae by jou te dra.
7. Wees bedag op omstanders sodra jy op straat verskyn of besig is met inkopies. Hou jou handsak onder oë, en dra net die aller noodsaaklike items saam in jou handsak. Dra jou beursie in ’n binne- of sysak en nie in jou
broek se agterste sak nie.
8. Moet nie wasgoed buite op die draad oornag laat hang nie.
9. Moet nie jou adres op ’n etiket aan ʼn sleutel hang nie.
10. Moet nie jou handsak of beursie oop en bloot in ʼn inkopietrollie los nie. Moet nie jou handsak of beursie op die toonbank los en rondbeweeg nie.
11. Wees waaksaam en ingestel op misdaad by kitsbanke, veral in hierdie tyd.

Related Articles

Back to top button