NewsNews

Epilepsie-sentrum se masker-inisiatief kry steun uit China

Epilepsie-sentrum se masker-inisiatief kry steun uit China

Twee oud-Parysenaars, Johan en Talita Jacobs, wat tans in Yushan in die Jianxi-provinsie in China is, het verlede week ook hul steun vir Epilepsie SA se materiaal gesigmasker-projek gewys toe hulle 20 maskers vir die SAPD geborg het.
Die Jacobs-egpaar het die afgelope paar weke met Gazette-lesers gedeel, hoe hulle die meer as 70 dae in een of ander vorm van inperking in China beleef het.
Hulle voel baie sterk oor die dra van maskers en sê dat hul standpunt eenvoudig is – dra die ding, dit werk. Omdat Johan ‘n oud-polisiebeampte is, weet hy hoe blootgestel ook polisielede is in die uitvoering van hul pligte, veral tydens die virus-pandemie.
Hulle het sedertdien ook die Facebook-inisiatief, ‘Wear a mask South Africa”, begin.

Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum het sedert die begin van grendelstatus in Suid-Afrika, begin om materiaalmaskers te maak nadat ook dié organisasie finansieel swaar geraak is deur die ekonomiese gevolge van die inperking. So moes die sentrum se winkel waar produkte aan die publiek verkoop is, en sy pendeldiens reeds tydelik gestaak word wat ‘n inkomste van R30 000 per maand vir die sentrum beteken het. So ook sy baie suksesvolle projek om krale-armbande te maak wat as aandenkings op passasierskepe verkoop is. Pleks van stilsit, is egter onmiddellik aan alternatiewe planne gedink om die tekort aan fondse aan te vul, en is fluks begin met die maak van die maskers. Sedertdien kan hul maskers teen R35 per masker by Schwims, Roodt en Riviera apteke in Parys gekoop word, en gaan al die geld wat met die verkoop van die maskers gemaak word, aan die sentrum wat steeds ‘n essensiële diens aan sy inwoners moet lewer.
Mense wat Epilepsie SA se masker-projek wil ondersteun, kan ook vir Hubré de Klerk by 072 093 2862 skakel.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button