NewsNews

Die ene bedrywigheid oppie stoep by dié dorpie in die kleine

Die ene bedrywigheid oppie stoep by dié dorpie in die kleine

Verbeel jou – die bank, restaurant, haarsalon, kruidenierswinkel en selfs ’n waterwinkel – alles op een perseel. ’n Dorpie in die kleine.
Soos ’n geoliede masjien word daar op Najaarsrus se stoep bejaardes een vir een gehelp met wat ookal nodig is, geduldig geluister as daar klagtes sou wees, planne beraam in nood, etekaartjies gegee en prettighede bedink om besig te bly – of dit melkskommeltyd, ‘n bietjie oefening, Bybelvasvra en Paaseiertyd, of koek-en-tee oggend is.

In afwagting vir die dag se besigheid. 

Selfs ’n braai in die tuin vir hulle wat in drie weke nog net die kamer- en gangmure kon sien. En Dinsdag was dit “knippie” dag om die hare gesny te kry.

Koek-en-koffie oggend. 

Dit is hierdie omgeeharte van personeel van Najaarsrus wat die verlang na kinders en kleinkinders draagliker maak, en seker maak dat daar dag vir dag voorsien word in wat ookal die behoefte is, want geen bejaarde mag nou in of uit die tehuis se hekke nie, terwyl die land in ‘n staat van inperking is.

Bybelvasvra en Paaseier-tyd. 

Na werk neem een van die personeel die aankopeboek en word elke bejaarde se kruideniersware gekoop, alles ontsmet en die volgende dag afgelewer.

Die inwoners is ook met heerlike melkskommels bederf. 

Vir die personeel is daar spesiaal ’n taxi gereël om ook na hul gesondheid en veiligheid om te sien. By die hek word die stofjasse uitgetrek, als ontsmet en dan begin die dag se werk. Later die middag kom die taxi, klaar ontsmet, en word die stofjasse weer aangetrek vir die tog huis toe.

Personeel word “gescreen” voordat hulle aan diens gaan. 

Dis ’n brose tyd vir ons bejaardes, maar dis ook ’n tyd waar verpleërs en versorgers se voete ekstra myle loop, hande help dra aan alleenwees-laste, en harte die ritme klop van omgee vir hulle na wie daar omgesien word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button