NewsNews

So bly Gleniffer se inwoners besig

So bly Gleniffer se inwoners besig

Om 100 mense vir langer as 21 dae saam op een perseel te wees, en boonop besig te bly, wil gedoen wees, maar by Gleniffer word seker gemaak die inperkingsregulasies word streng nagekom.
So word inwoners toegelaat om slegs een keer per dag dorp toe te gaan, en word daar in- en uit geteken sodat rekord gehou kan word van beweging.
Danksy mense se oop harte word gereeld boeke afgegee en is daar nou al ‘n hele biblioteek in die kleine vir inwoners om aan die lees te bly. Selfs ou tydskrifte word verwelkom, en is ‘n oefenfiets wat iemand gebring het, nou deel van die inwoners se daaglikse roetine om fiks en gesond te bly. Ander weer hou hul besig met houtwerk.
Die kinders van Gleniffer het by hul speelparkie hul eie ‘gimnasium’ prakseer waar daar so tussendeur die skoolwerk ontspan word. Ook hier het mense gehelp met data vir aanlyn skoolwerk. Met die hulp van die Red Ribbon projek, individue, Client Prison Care Ministries en die NG-emeente Parys-Oos, word seker gemaak dat elke inwoner versorg is – selfs diegene wat nie nou ‘n inkomste as dagwerkers of motorwagte kan verdien nie.

Related Articles

Back to top button