NewsNews

Hulptoelaag vir werkloses: Inligting kom gou

Plan is om eerste betalings dalk so gou as Mei te doen

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het vandag aangekondig dat werkloses wat wil aansoek doen vir die verligtingstoelaag van R350 per maand, binnekort sal weet hoe aansoek gedoen kan word vir die toelaag.

Die toelaag is Dinsdagaand aangekondig deur president Cyril Ramaphosa as hulpmaatreël vir die geweldige impak wat koronavirus inperking op die Suid-Afrikaanse ekonomie het. R2 miljard is vir dié toelaes deur die regering opsy gesit.

In sy aankondiging het die president ook Dinsdagaand gesê dat alle maatskaplike toelaes vir die volgende ses maande verhoog word.

Daar word tans gewerk aan tegnologiese platforms vir die werkloosheidstoelae en die hoop is dat ‘n telefoonommer hopelik teen Vrydag 24 April of oor die naweek beskikbaar sal wees wat voornemende aansoekers sal kan gebruik.

Dit wil voorkom asof mense elektroniese bes moontlik self via WhatsApp, sal kan aansoek doen en dat toelae ook elektronies  in die begunstigdes wat kwalifiseer se bankrekenings inbetaal sal word waarskynlik via e-Wallet of CashSend. Die hoop is dat die eerste uitbetalings dalk reeds so vroeg as Mei gedoen sal kan word.

Die plan is dat aansoekers eenmalig sal aansoek doen en dan die toelaag vir die volgende ses maande sal kan kry.

Related Articles

Back to top button