NewsNews

Maatskaplike toelae: Dit is wat jy nou gaan kry

Nadat president Cyril Ramaphosa  Dinsdagaand 21 April, ‘n ondersteuningspakket van R500 miljard aangekondig het om spesifiek die nood van armes te verlig, is daar veral verligting vir mense wat maandeliks maatskaplike toelaes ontvang. Hoe werk dit nou: Alle maatskaplike toelaes van die staat sal vir die volgende ses maande van Mei tot Oktober verhoog word. …

Nadat president Cyril Ramaphosa  Dinsdagaand 21 April, ‘n ondersteuningspakket van R500 miljard aangekondig het om spesifiek die nood van armes te verlig, is daar veral verligting vir mense wat maandeliks maatskaplike toelaes ontvang.

Hoe werk dit nou:

Alle maatskaplike toelaes van die staat sal vir die volgende ses maande van Mei tot Oktober verhoog word.

Ouderdomspensioene:

Mense tot ouderdom 75 jaar wat ouderdomspensioene ontvang sal nou pleks van R1 860 per maand, R2 110 in die volgende ses maande ontvang.

Mense bo 75 jaar se toelaag styg van R1 880 na R2 130.

Pleegsorgtoelae:

Pleegsorgtoelae word met R250 vir die volgende ses maande verhoog van R1 040 tot R1 290.

Gestremdes:

Die toelaag vir gestremdes en sorgafhanklikes verhoog ook met R250 vir die volgende ses maande van R1 860 na R2 110.

Covid-19 maatskaplike toelaag:

Hierdie is ‘n nuwe toelaag van R350 per maand vir die volgende ses maande van Mei tot Oktober wat ingestel is vir mense wat werkloos is en nie nou enige ander maatskaplike toelaag of inkomste verdien nie, en dus ook nie vir hulp van die Werkloosheidsversekeringsfonds kwalifiseer nie.

President Ramaphosa het ook aangekondig dat 250 000 kospakkies landwyd uitgedeel sal word deur die departement van maatskaplike dienste.

Bron: Met erkenning aan Netwerk24

Related Articles

Back to top button