News

Isolasie inspirasie – ’n nuwe normaal begin by jou

Die hele mensdom het ‘n “reset” knoppie gekry.

Ons het ‘n paar weke gelede gesê – as dinge net weer normaal kan raak om ons. Dit het my laat dink en laat wonder of ek regtig alles weer presies wil hê soos dit was.

As ek wil hê my normaal moet anders of beter wees as 90 dae gelede, moet ek vandag by myself begin. My eie hart en my eie gedagtes.
Dit is dalk min in die groot see van deurmekaar daar buite, maar vir nou is dit wat ek moet en kan doen. As ons net weer aangaan waar ons opgehou het, het ons geen les geleer uit ons foute.
Die hele mensdom het ‘n “reset” knoppie gekry. Gebruik nou jou tyd en stap met ‘n nuwe gesindheid anderkant uit.

Ons nuwe Normaal.

Die grootste deel van China kan na 7 April weer normaal rondbeweeg, werk en selfs by vriende kuier. Daar is egter nog dele wat mense verkieslik net werk en supermark toe mag gaan. Restaurante kan wegneemetes voorsien en die kos kan afgelewer word, maar binne kuier saam met vriende is nie moontlik nie.

Plaaslik mag mense bietjie meer vrylik rondbeweeg. Ons het ‘n funksie op ons foon wat geregistreer is by die departement dat ons buitelanders is, maar nie gereis het nie, en dat ons aan al die vereistes van isolasie en temperatuurtoetse voldoen, en dat ons gesond is.
Sonder hierdie groen kode kan ons nie sekere supermarkte of die gimnasium besoek nie. Selfs as ons in die taxi klim moet ons dit eers toon.

Op dié stadium mag ons glad nie van openbare vervoer soos byvoorbeeld treine en busse gebruik maak nie, en kan ons ook nie oor provinsiale grense beweeg nie. Jy kan enige tyd en enige plek gevra word om hierdie kode te toon.
Die skole is nog gesluit. Net Graad 12 vir Hoërskool en Graad 9 vir Jr. Hoërskool is terug skool toe. Almal dra maskers in die klas en die studente word gemonitor by die hek vir koors en ander simptome. Dit gebeur drie keer per dag. Voor skool, na ete en dan na aandete.
Ja jy lees reg. ‘n Skooldag begin om 06:00 en eindig om 21:30.
Die skool het ook ‘n ‘health app’ waarop ons elke dag moet aanmeld. Volgens ons plaaslike nuus sal sekere skole tussen 27 April en 11 Mei oopmaak.
Alhoewel ons meer vryheid het om rond te beweeg en nie meer tot ons woonstel beperk is nie, is ons steeds onder streng inperkings. Ons weet nog nie wanneer ons weer kan begin werk nie, en is ons nou negentig dae in een of ander vorm van isolasie.

 

Related Articles

Back to top button