News

R500 miljard vir maatskaplike ondersteuning

Kindertoelaes word verhoog

Presidents Cyril Ramaphosa het pas ‘n massiewe ekonomiese en maatskaplike ondersteuningspakket van R500 miljard aangekondig wat nagenoeg 10% uitmaak van die land se bruto binnelandse produk.

Dit beteken sowat R130 miljard wat uit die huidige begroting vir die ondersteuningspakket geherprioritiseer sal word, terwyl die oorblywende fondse van plaaslike en internasionale organisasies soos die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds gekry sal word.

Van die geld in die ondersteuningspakket sal gebruik word in die gesondheidsektor soos vir beskermende toerusting en voorraad vir mediese werkers en hospitale, terwyl R20 miljard ook aan munisipaliteite sal gaan vir noodwatervoorsiening,  beter sanitasie geriewe en om plaaslik hulp te verleen met kos aan hulpbehoewendes.

Wat belangrik is, is dat kindertoelaes van Mei af met R300 verhoog, en van Junie tot Oktober met R500 per maand. Tans is dit R445 per maand.

Ouderdomspensioene sal vir die volgende ses maande met R250 per maand verhoog word.

‘n Spesiale toelaag van R350 per maand vir die volgende ses maande, sal aan werkloses betaal word wat nie maatskaplike toelae ontvang nie.

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir maatskaplike Sekerheid (SASSA) gaan ook kyk na die moontlikheid om mense  met koepons te help waarmee kos gekoop kan word en meer as 250 000 kospakkies sal oor die volgende weke landwyd versprei word deur die departement van maatskaplike ontwikkeling.

Dan sal daar ook ‘n R200 miljard-skema  bekendgestel word om sukkelende maatskappye met ‘n omset van minder as R3 miljoen per jaar by te staan.

Belastingherleiding vir maatskappye wat tot R100 miljoen ‘n jaar verdien is ook aangekondig en sal daarvoor by die Inkomste Diens aansoek voor gedoen kan word.

President Ramaphosa sal  Donderdag weer met die land praat oor die regering se planne om die  ekonomie in fases te heropen.

Hy het weer gewaarsku dat sou die inperking te skielik opgehef word, die virus erger kan versprei. SA het tans 3465 bevestigde Covid-19 gevalle.

Hy het sy boodskap afgesluit  deur te sê dat die regering vasbeslote is om die ekonomie te herstel.

Related Articles

Back to top button