NewsNews

Parysenaars doel hul deel vir Bloeddiens

Onthou môre se bloedskenk geleentheid in Parys

Vanaf 3 April het Parysenaars in totaal alreeds 127 eenhede bloed geskenk by die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se mobiele skenkersklinieke in die dorp.

Die Bloeddiens het vandeesweek sy dank uitgespreek teenoor elke skenker wat steeds ten spyte van die staat van inperking getrou kom bloed skenk het.

Parysenaars kan weer môre, Dinsdag 21 April, tussen 10:00 en 16:00 hul bydrae gee by die SANBD se mobiele skenkerskliniek op die parkeerterrein by Checkers Parys.

Die mobiele skenkerskliniek sal ook Donderdag 23 April tussen 10:00 en en 16:00 by Checkers wees.

Onthou dat die bloeddiens ‘n essensiële diens lewer tydens die inperkingstyd en dat jy toegelaat sal word om bloed te skenk.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button