NewsNews

Mense se harte oop vir dorp se nood

Talle borge buite Parys, sommige van sover as Bronkhorstspruit en Frankfort, het hul harte oopgemaak vir die geweldige voedselnood van talle in Parys, en is ‘n vrag met onder meer mieliemeel, brood, aartappels en groente vanoggend in Parys ontvang deur OCSA en die Red Ribbon voedselprojek. Een van die borge is Spar Bronkhorstspruit by wie …

Talle borge buite Parys, sommige van sover as Bronkhorstspruit en Frankfort, het hul harte oopgemaak vir die geweldige voedselnood van talle in Parys, en is ‘n vrag met onder meer mieliemeel, brood, aartappels en groente vanoggend in Parys ontvang deur OCSA en die Red Ribbon voedselprojek.

Een van die borge is Spar Bronkhorstspruit by wie vanoggend skenkings opgelaai is. Meer foto’s ook in hierdie week se Gazette.

Die voedsel  sal gebruik word vir die kospakkies en warm etes waarmee tans al meer as 840 mense in nood gehelp word.

Ook kerke in die dorp is  aktief betrokke by hulpverlening in die dorp aan hulle in ernstige nood.

Lees meer oor die skenking en die werk wat hierdie organisasies doen in vandeesweek se Gazette.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button