NewsNews

Beurtkrag-swaard dreig alweer

Beurkrag mag dalk kom wanneer nywerhede weer in bedryf is

Dit is nie uitgesluit dat grootskaalse beurtkrag dalk weer kan kop uitsteek vir Suid-Afrikaners te midde van ‘n reeds wurgende ekonomie, sodra die nasionale staat van inperking opgehef word. En sou dit gebeur kan dit bes moontlik duur tot Augustus 2021.

Hoewel die vraag na krag gedaal het tydens inperking, kon grootskaalse instandhouding wat nodig is, nie tydens inperking gedoen word nie, omdat daar eenvoudig nie genoeg tyd was om onderdele betyds te kon bestel voordat die staat van inperking inwerking gestel is.

Bheki Nxumalo, hoof van opwekking by Eskom, het aan Sunday Times gesê, dat die waarskynlikheid van beurtkrag groot kan word namate nywerhede en ondernemings weer in bedryf kom, berig Netwerk24.

In dieselfde asem meen kenners soos Chris Yelland,  besturende direkteur van EE Business Intelligence, dat beurtkrag dalk  ‘n rukkie vermy kan word met die eknomie wat traag kan wees om aan die gang te kom na inperking, maar sal dit rampspoedig wees sou beurtkrag ingestel word wanneer besighede wat reeds gesteier het onder inperking weer aan die gang moet kom.

Bron: Netwerk24

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button