News

Dink mooi voor jy gee

Daar is vandeesweek weer gevra dat Parysenaars asseblief mooi sal dink voordat daar geld uitgehaal word vir hulle wat in die strate of op parkeerterreine  vra vir geld. Die polisie het hulle hande vol om te probeer om mense te kry om die inperkingsregulasies te gehoorsaam. Die hartseer is dat daar tans ook motorwagte en …

Daar is vandeesweek weer gevra dat Parysenaars asseblief mooi sal dink voordat daar geld uitgehaal word vir hulle wat in die strate of op parkeerterreine  vra vir geld.

Die polisie het hulle hande vol om te probeer om mense te kry om die inperkingsregulasies te gehoorsaam.

Die hartseer is dat daar tans ook motorwagte en dagwerkers is wat  geen inkomste kan verdien nie, omdat hulle tuisbly en die inperkingsregulasies gehoorsaam.

Die probleem kom dan daarby dat solank as wat mense geld gee vir hulle wat op straat is, dit mense aanmoedig om op straat te wees, en ook hulle wat tans tuisbly laat besluit om eerder uit te beweeg.

Daar is inisiatiewe soos die Red Ribbon projek in Parys sowel as kerke en ander instansies wat dag vir dag uitreik na mense  wat tans ernstige voedselnood het omdat hulle geen inkomste het nie. So is daar ook in samewerking met gesondheid, die munisipaliteit en die polisie, ‘n veilige skuiling vir haweloses beskikbaar gestel waar ook hulle daagliks voedsel ontvang.

Daar is gevra dat mense eerder daaraan sal dink om hierdie inisiatiewe te ondersteun sodat hulle met die projekte wat daar reeds is, soveel mense moontlik kan help wie werklik groot nood ervaar. Jy kan die Red Ribbons-projek ondersteun deur Marietjie te skakel by 062 217 2404.

Op hierdie manier kan jy steeds ‘n bydrae lewer om ‘n verskil te maak in iemand se lewe wie dalk nou heelwat minder as jy het.

Related Articles

Back to top button