NewsNews

Los die rose…plant groente

Los die rose...plant groente

Parysenaars is oënskynlik glad nie gelukkig met wat gesien word as net nog ‘n enorme geldvermorsing met die Parys Flower Project.
In Facebook-kommentaar oor die reënskade aan die kweektonnels in Allenby-straat waaroor Gazette verlede week berig het, skryf Pierre Fourie: “Ek waardeer ook mooi blomme en plante, maar hierdie spasie kan dalk benut word vir iets meer prakties op die oomblik. Ek is seker hier is genoeg hande en kennis wat iets hiervan kan maak ten bate van die gemeenskap en hulle wat die mees kwesbaarste is. Die blomme-ding werk nie.”

Kyk jy na al die kommentaar is dit ook die gevoel van ander Parynsenaars wat sê dat die be- gunstigdes van die projek selde of net vir kort rukkies by die tonnels gesien word. Daar word ook verwys na die onnet terrein met lang gras en bossies waar jy kyk. Alles behalwe ‘n florerende snyroosprojek waarvoor die Vrystaatse regering drie jaar gelede R2.2, miljoen uitgelê het, maar waaroor die begunstigdes op hul beurt sê hulle nóg die fondse, nóg die ondersteuning het om die projek te laat slaag.
Inwoners meen die tonnelplastiek wat deur swaar reën beskadig is, is nou net nog ‘n verskoning vir ‘n projek wat “maande gelede al tot niet gegaan het.”

Die Parys Flower Project is nie die enigste doring in die vlees as daar gepraat word oor geldvermorsing nie. Langs die Parys/Vredefortpad staan die Vredefort Interpretasie Sentrum. ’n Skandalige R24 miljoen verleentheid. Die gebou is in Augustus 2008 voltooi, maar was bouwerk so swak dat dit nooit in gebruik geneem kon word nie. Langs die Dover-pad op die plaas Wildehondekop net buite Parys, staan die kweektonnels van die hidroponiese projek wat meer as tien jaar gelede daar begin is met geld wat deur die Vrystaatse regering aan departement landbou bewillig is. Hier sou groente in sakke met drupbesproeiing regdeur die jaar geplant kon word, maar daar het niks van gekom nadat mense betrokke by die projek glo met van die geld “weggeloop” het, en so te sê alles gesteel is wat vir die projek opgerig is. Die departement landbou het toe weer 10 tonnels opgesit, ’n stoor, badkamer, kombuis, groot koelkamer en 2 toegeruste boorgate en tussen 2010 en 2012 is nog 10 tonnels opgesit. Vir ’n rukkie is groente verbou met die projek met sy 10 werkers, maar weens konflik in die groep, is die projek glo gestaak.

 

 

Related Articles

Back to top button