News

Nog laer brandstofpryse, maar paaie stil

Brandstofverligting, maar paaie stil

Dit blyk ‘n feit soos tuisbly in grendeltyd te wees dat petrol vir die vyfde agtereenvolgende maand in Mei weer goedkoper sal wees, en motoriste met dieselvoertuie vir die vierde agtereenvolgende maand verligting sal kry. Die verlaging van na verwagting so byna R2 per liter vir petrol, en net meer as R1 vir diesel sal teen 6 Mei in werking tree.

Dit beteken dat as die Mei verlaging in brandstofpryse in werking tree,  jy met al die prysverlagings van brandstofpryse vir 2020 al ‘n allemintige  R211,50 na raming minder vir  ‘n 50 liter tenk petrol sal betaal, en by die kus R214,50 minder.

Vir diesel sal jy dan al sedert die begin van die jaar nagenoeg R150 op ‘n 50 liter tenk brandstof bespaar, en R152 by die kus.

Maar al word brandstofpryse laer, is paaie stil met Jan Tuisbly se kar wat die tuinroete ry.

(Bron: Netwerk24)

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button