NewsNews

Negentig eenhede tot by doelwit

Onthou die mobiele skenkerskliniek is vandag in Parys

Parysenaars kan vandag weer ‘n bydrae gee om ander in nood te help. Elke eenheid bloed maak ‘n verskil  en kan tot 3 lewens red.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se mobiele skenkerskliniek is vandag, 14 April in Parys by die kerksaal van die Hervormde Kerk, h/v Loop- en Paulsenstraat. Skenkers het geleentheid om nog tot 18:00 te kom bloed skenk. Die doelwit vir die dag is 100 eenhede bloed. Teen 13:00 is nog net 10 eenhede geskenk. Asseblief help om ook hierdie doelwit te haal.

Elke skenker sal ‘n gratis bottel handsanitasiemiddel ontvang.

As jy nie vandag kan skenk nie, onthou ook die mobiele skenkerskliniek wat Donderdag 16 April vanaf 11:00 tot 17:00 by Shoprite Parys sal wees.

Related Articles

Back to top button