NewsNews

Distemper/Hondesiekte – dit is wat jy moet weet

Distemper/Hondesiekte - dit is wat jy moet weet

Distemper/Hondesiekte is ‘n virale siekte wat by honde voorkom.
Die virus word hoofsaaklik deur nies of hoes van een hond na ‘n ander versprei, maar kan ook deur fisiese kontak oorgedra word.
Simptome kan veral by jonger diere kenmerkend wees van die siekte en begin gewoonlik met ‘n hoë koors.
Ander simptome sluit in:
– Geen eetlus
– Neus- en oog afskeidings
– Droë hoes (asof daar ‘n been in die keel vassit)
– Ongekoördineerde bewegings (ouer honde kom dronk voor)
– Spiere op die kop en ledemate kan spasties saamtrek
– Stuipe kan in die eindstadiums teenwoordig wees
Die sterftesyfer onder jong diere kan hoog wees, en by sommige wat oorleef kan die onbeheerde spiersametrekkings ‘n rol speel in die toekoms.
Voorkoming van die siekte is deur middel van entstof wat reeds op 6, 9, en 12 weke ouderdom toegedien moet word en van daar af net een keer per jaar.
Met die uitbraak van Hondesiekte ook hier in Tumahole word troeteldiereienaars aangeraai om hulle diere se jaarlikse entings op datum te kry en sodoende die hartseer verloop van Hondesiekte vry te spring.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button