News

11 April: Dra van maskers word aanbeveel

11 April: Dra van maskers word aanbeveel

Elsje Vermeulen van Vaalweekblad berig

Die Nasionale Gesondheidsdepartement van SA beveel nou weer aan dat gesigmaskers wel gedra moet word, maar dat dit nie as totale beskerming teen die virus beskou moet word nie. Die basiese riglyne moet steeds gevolg word, wat alles van hande was tot sosiale-distansiëring insluit. Mense word ook aanbeveel om gesigmaskers van materiaal te dra. Let wel die masker moet jou mond en neus toemaak, daar moet nie aanhoudend aan die masker gevat word nie en die masker moet ook nie voor jou gesig weggeneem word om met mense te praat nie. Hande moet gewas word voor én na die masker opgesit en afgehaal word.

Onderskeie provinsies:

Gauteng – 801

Wes-Kaap – 541

KwaZulu-Natal – 412

Vrystaat – 94

Oos-Kaap – 68

Limpopo – 24

Mpumalanga – 20

Noordwes – 18

Noord-Kaap – 15

  • ekstra gevalle wat nog nie aan ‘n provinsie toegeken is nie – 10

Die wêreldwye Corona-19 positief getoetste gevalle is nou reeds 1 700 007 (gister was dit 1 605 372) en het reeds 102 751 lewens geëis (gister was dit 95 753). Daar het 376 529 herstel (gister was die aantal 356 952). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 210 lande gaan gebuk onder die virus (geen bykomende land is sedert gister op die lys gevoeg).

  • Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander):

Die VSA het nou die half miljoen-kerf oorgesteek met die meeste Covid-19 gevalle – 502 876 (vorige getal was 468 895), wat ook nou die tweede meeste sterftes insluit – 18 747 en 27 314 wat herstel het. Daar is nog  456 815 aktiewe gevalle.

Spanje het nou 158 273 gevalle (vorige getal was 153 222), wat 16 081 sterftes insluit en 55 668 wat herstel het. Daar is tans nog 86 524 aktiewe gevalle.

In Italië is daar  147 577 gevalle (vorige getal 143 626), en die hoogste sterftesyfer van 18 849. Daar het 30 455  herstel. Daar is nog 98 273 aktiewe gevalle.

Frankryk het opgeskuif na die vierde plek op die lys met 124 869 gevalle (vorige getal 117 749), wat 13 197 sterftes insluit en 24 932 wat herstel het. Daar is nog 86 740 aktiewe gevalle.

Duitsland het 122 171 gevalle (die vorige getal was 118 235), wat 2 736 sterftes insluit en 53 913 wat herstel het. Daar is nog 65 522 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 81 953 gevalle (vorige getal 81 907),  wat 3 339 sterftes insluit en 77 525 wat herstel het. Daar is tans nog 1 089 aktiewe gevalle (wat ‘n afname is van vorige aantal 1 116).

In die Verenigde Koninkryk het ook op die lys opgeskuif met 73 758 gevalle (vorige getal 65 077), wat 8 958  sterftes insluit en 344 wat herstel het. Daar is nog 64 456 aktiewe gevalle.

In Iran is daar 68 192 gevalle (vorige getal 66 220), wat 4 232 sterftes insluit en 35 465 wat herstel het. Daar is nog 28 495 aktiewe gevalle.

Turkye het 47 029 gevalle (vorige getal 42 282), wat 1 006 sterftees insluit en 2 423 het herstel en daar is nog 43 600 aktiewe gevalle.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button