NewsNews

Kunswerke in 21 dae van inperking

Kunswerke in 21 dae van inperking

Om vir ‘n kunstenaar die opdrag te gee om elke dag ‘n A5 kunswerk te skep, is ‘n uitdaging en nie ‘n inperking nie.

Die Herald is nuuskierig om te sien hoe lyk die kunswerke van diegene wat begin werk het aan die Creative 21 uitstalling  en het solank vir twee gevestigde kunstenaars, Elna Venter en Jean Lampen, gevra om ‘n paar van hulle kunswerke met almal te deel.

Elna se tuin is haar inspirasie: “Wat vir my lekker is, is die feit dat ek vir die 21 dae bewustelik tyd spandeer in my tuin en met aandag na iets kyk sodat my oë die lyne natrek. Daarom noem ek die reeks In my tuin”, sê sy.

Jean eksperimenteer weer met die assemblage medium. Sy gebuik die bladsye van ou boeke wat die metafoor van ‘n nuwe begin is en kombineer dit met inkwerk, naaldwerk en uitknipsels.

Ons wil ook graag met jou kunswerke spog. E-pos een tot drie foto’s van jou verskillende kunswerke aan potchkuns@gmail.com. Skryf in die onderwerp van die e-pos Creative 21 en in die boodskap die naam van die kunstenaar, die titel van elke kunswerk asook die medium wat jy gebruik het.

Wat is Creative 21?

Drie kunstenaars van Potchefstroom – Dedré Victor, Roy Vierra Forté en Cronjé Lemmer – moedig kunstenaars aan om, in die 21 dae van inperking elke dag kreatief te wees en werke te skep. Dié kunswerke word later tydens ‘n kunsuitstalling ten toon gestal en verkoop. Fondse wat ingesamel word, word vir die Teaterbydstandsfonds geskenk.

Kunstenaars kan enige medium gebrui. Die kunswerke se grootte moet 15cm x 20cm (A5 grootte) wees en moet verkieslik ongeraam wees.

Enige iemand wat belangstel om aan die projek deel te neem, kan ‘n epos na Create.21days@gmail.com stuur of die facebookblad Create Hope besoek. Meer besonderhede rondom die kunsuitstallings sal later gekommunikeer word. Vir telefoniese navrae, skakel Dedré Victor by 082 922 8078.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button