NewsNews

Kommer oor ons bejaardes

Kommer oor ons bejaardes

Die Ons Tuis groep waarvan die Amot Tehuis vir Bejaardes in Parys deel is, het die afgelope week sy kommer uitgespreek oor voorrade tydens die tydperk van inperking.
Jaco Bothma, besturende direkteur van Ons Tuis, sê daar is voortdurend ‘n behoefte aan items soos seep en skoonmaak- en reinigingsmiddels, om die tehuise effektief te bestuur – selfs sonder die uitdagings van ‘n wêreldwye pandemie wat veral bejaardes verswak.
“Ons tehuise pak gereeld fondsinsamelingsaksies aan om in hierdie behoeftes te voorsien, maar dit kan vanselfsprekend nie tydens die tydperk van afsondering voortgaan nie.”
Isolasie-afdelings is geskep by die onderskeie fasiliteite om enige moontlike geval van infeksie effektief te bestuur, maar die afdelings benodig dringend produkte vir die gepaardgaande behoeftes, sê hy.

Die groep, met tehuise in Pretoria, Parys en Mokopane, het daarom ‘n lys van behoeftes saamgestel. Amot benodig op die stadium net basiese middele soos handskoonmaakmiddels, maskers, handskoene, vars vrugte, Dettol, toiletpapier, seep, handeroom, toiletsproei, vitamien C, papierhanddoeke, waslappe, sneesdoekies, Jik, katoenmateriaal, asook rekkies.

Mense wat kan help kan dit by sekuriteit by die tehuis se hek aflaai met ‘n nota, of skakel sodat dit opgelaai kan word. Amot is op die h/v 2de Laan en Grensstraat. Die kantoor kan Maandae tot Vrydae van 07:00-13:00 geskakel word, of WhatsApp Theresa Broodryk, verpleegdiensbestuurder by 078 070 5200. Enige kontantbydraes kan inbetaal word by: Andries Marie Oosthuizen, FNB, rekeningnommer: 514 200 84273, takkode: 251445. Verwysing: Locdown Ondersteuning.
Enige skenkings is welkom. Dankie vir die gemeenskap wat reeds bydra.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button