News

Isolasie inspirasie: Dra die ding – dit werk!

Ter ondersteuning van Epilepsie SA se poging om maskers te versprei, skenk ons 20 maskers aan Parys SAPD

Teen die tyd dat julle dié rubriek lees sal China se “lockdown” amptelik opgehef wees, en ons, meer as 70 dae in “some kind of isolation” deurgebring het.
Wat ‘n ondervinding was dit nie gewees nie! Onsekerheid, vrees, twyfel en angstigheid was maar net enkele van die emosies wat ons beleef het. As ek moet sê dat alles net sleg was, dan sal ek verseker ‘n baie groot leuen vertel. Lekker verseker nie, interessant – BAIE!!
Die Corona virus, ‘n gogga wat oornag wêreldgeskiedenis gemaak het deur feitlik elke land regoor die wêreld op sy knieë te dwing. ‘n Gogga wat deur baie nog steeds net as ‘n gewone verkoue beskou word – en wie weet, dalk is dit. Die vraag is net – wil ons die kans vat en die virus 365 dae lank toelaat om te maak wat hy wil?
Opinies, “behandelings”, boererate, fopnuus, en haatspraak is so algemeen soos die sand van die see. Regerings spandeer biljoene aan mediese kostes en navorsing vir die perfekte behandeling. Kenners is van mening dat maskers jou nie kan beskerm teen die virus nie, en China stem saam, maar almal dra nog steeds maskers om ander om hulle te beskerm. En ja, ons weet mediese personeel het dit meer nodig.
Die vraag bly egter – is maskers nie dalk ‘n eenvoudige, maklike en goedkoper alternatiewe hulpmiddel vir ‘n baie komplekse probleem nie?
Ons standpunt rondom die dra van maskers is eenvoudig – dra die ding – dit werk.
Die inwoners van die Tsjeggiese Republiek het hierdie verantwoordelikheid sedert 19 Maart 2020 vanjaar op hulself geneem en maskers begin maak. Volgens internetbronne het hulle binne enkele dae genoeg maskers gemaak om 80% van die bevolking van ‘n materiaal masker te voorsien. Verskeie lande en stede is stadig maar seker besig om hul voorbeeld te volg, en ons wil julle motiveer om ook deel te word van ons “Wear A Mask South Africa”-veldtog op Facebook.
“Epilepsy SA in Parys is making masks to raise money for essential items during the lockdown and to address the shortages of masks. Remember, your mask protects me, my mask protects you”.
“We believe everyone should have a mask, so we are asking people to sponsor them at hyperlink “https://www.epilepsy.ngo or you can buy a mask for R35 at Roodt, Schwims or Riviera Pharmacies in Parys. Alternatively contact Hubré on 072 093 2862. – Gary Westwood.”
Ter ondersteuning van Epilepsie SA se poging om maskers te versprei, skenk ons 20 maskers aan Parys SAPD

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button