NewsNews

Polisie gee geen permitte, magtigings

Dit is in jou eie belang om nou gehoor te gee aan die inperkingsregulasies.

Onthou asseblief dat die polisie geen permitte, magtigings of verklarings vir jou kan uitreik gedurende die inperkingsperiode om oor provinsiegrense te beweeg, essensiële dienste te verrig of vir enige ander rede om te mag rondbeweeg in die strate nie.
Die plaaslike polisiestasie word steeds daagliks oorval deur mense wat vra na permitte of selfs stempels deur die polisie om papierwerk te magtig.
Onthou as jy nie volgens die inperkingsregulasies gelys word as essensiële diensverskaffer nie, is daar nie ‘n skuiwergat wat jou gaan toelaat om besigheid te bedryf nie.
Die munisipaliteit waar van toepassing, sowel as die amptelike webtuistes wat in plek gestel is vir die nodige permitte vir essensiële diensverskaffers, is die enigste kanale waardeur jy kan werk.

Jy kan die permitte aflaai (soos vervat in die Disaster Management Act Amendment of Regulations) en voltooi vir jou werknemers by die volgende skakels.
https://s.docworkspace.com/d/AMRJLoa2lqUp4Kb_5JydFA
Shared from WPS Office:
https://kso.page.link/wps

Slegs besighede wat essensiële dienste lewer kan by die volgende skakel gaan registreer:
https://www.bizportal.gov.za

Op die N1 sowel as by die Potchefstroom-brug word daar 24 uur padblokkade gestaan. Jy sal dus nie sommer oor provinsiegrense kan beweeg, behalwe boere en hul plaaswerkers, en ander werkers wat deel vorm van die gelyste essensiële dienste – en dan moet jy seker maak jou papierwerk is reg want jy sal gevra word waarheen jy oppad is.

* Jy moet wanneer jy op die paaie gaan te alle tye jou ID-boek of ID-kaart by jou hê.
* Jy moet die regte permit by jou hê.
* Maak seker as jy gaan inkopies doen, dat jy jou strokies hou sodat jy dit saam met jou inkope aan wetstoepassers kan wys sou daar gevra word oor die rede vir jou beweging.
* As jy mediese dienste benodig moet jou dokter of die hospitaal vir jou die nodige permitte en dokumentasie gee. Selfs al het jy nie gedrukte permitte van die dokter of hospitaal nie, kan jy vra dat dit vir jou per e-pos gestuur word en sal die bewyse op jou selfoon aanvaarbaar wees.
* Maak doodseker dat wanneer jy per motor reis wat 4 passasiers normaalweg sou vervoer, daar tydens die inperkingsperiode slegs 2 passasiers in die motor sal wees – 1 op die voorsitplek en 1 op die agtersitplek.
* Jy kan nie as familie kruideniersware gaan koop nie. Beperk asseblief beweging. Moenie jouself en jou familie onnnodig blootstel nie. Wees veilig en help wetstoepassers wat steeds sukkel met lede van die publiek wat nie gehoor gee aan die inperkingsregulasies nie.
* As ‘n waterpyp byvoorbeeld in van jou eiendom in ‘n ander dorp of stad gebars het, gaan jy nie kan reis om te gaan kyk wat die skade is of die herstelwerk gaan doen nie. Jy sal ‘n essensiële diensverskaffer in daardie gebied moet kry. Net so kan jy ook nie nou jou kinders nou tydens die inperkingsperiode iewers gaan haal nie.
* Heelwat arrestasies is alreeds in Parys en Tumhole gemaak waar nie gehoor gegee is aan die inperkingsregulasies nie. Onthou as jy gearresteer word, sal jy aangehou word totdat jy vrygelaat word met ‘n waarskuwing om op ‘n bepaalde datum in die hof te verskyn. Daar is ook nie genade vir tweede oortreders nie.

Hou daarom liewer by die reëls en bly waar moontlik eerder uit die strate. Dit is in jou eie belang om nou gehoor te gee aan die inperkingsregulasies.

Related Articles

Back to top button