News

NWU Galery se kunsuitstallings nou aanlyn te sien

Danksy driedimensionele aanlyn tegenologie kan kunsliefhebbers steeds kunsuitstallings in die galerye van die NWU besigtig.

Danksy driedimensionele aanlyn tegnologie kan kunsliefhebbers steeds kunsuitstallings in die galerye van die NWU besigtig. Philiswa Lila se eenmanuitstalling by die hoofgalery en die uitstalling van Phoka Nyokong by die botaniese tuingalery word tot 5 Mei uitgestal en kan aanlyn gesien word.

Beide Philiswa Lila en Phoka Nyokong is kunstenaars wat albei die Gerard Sekoto-prys van die gesogde Absa L’Artelier kompetisie onderskeidelik in 2018 en 2019 gewen het. Dié prys word toegeken aan die mees belowende jong Suid-Afrikaanse kunstenaar in die ouderdom van 25 tot 35 jaar.

 Philiswa Lila se eenmantentoonstelling, SKIN, BONE, FIRE: The first album, by die hoofgalery is ‘n uitbeelding van die fisiese, intellektuele en spirituele ruimtes van die kunstenaar. Sy is veral in die geheuegeskiedenis en persoonlike identiteite geïnteresseerd en word beïnvloed deur die subtiele variasie in taal, individualisme en die emosionele en fisiese sintuie van die mens en dier.

Philiswa gebruik verskeie mediums wat skilderwerk, installasies, uitvoerende kuns en skryfkuns insluit. Haar uitstalling word aangebied in samewerking met Alliance Française, Potchefstroom.

Phoka Nyokong se kunsuitstalling, Dinoolwane, Matlotlo le Baloi: Folklores, treasures and witchesby die botaniese tuin, bestaan uit werke wat hy vir die onlangse Gerard Sekoto-prys voorgelê het asook fotografiese werke en ‘n installasie. Die titel verwys na die kunstenaar se fassinasie met die inheemse Setswana kultuur, volksverhale en tradisies.

Phoka, wat in Klerksdorp groot geword het, ondersoek die mondelinge tradisie van volksverhale wat te doen het met toordoktery en tradisionele rituele. In die uitstalling word toordoktery as ‘n metafoor op ‘n speelse manier ondersoek. “Ek kry my inspirasie van stories wat mondeling oorvertel word, my liefde vir inheemse kulture, aktuele sake asook stedelike en populêre kultuur”, sê Phoka.

Volg die skakel om die uitstallings te sien: https://services.nwu.ac.za/nwu-gallery/what-showing.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button