NewsNews

Regering waarsku besighede oor vals inligting

Regering waarsku besighede oor vals inligting

Die regering het vroeër vandeesweek (31 Maart) gewaarsku dat daar opgetree sal word teen besighede wat vals inligting verskaf om gerekenariseerde sertifikate van sy Bizportal webtuiste te kry vir die lewer van sogenaamde ‘essensiële dienste’ .
Die Intellectual Property Commission (CIPC) sê in sy hersiening van die lys van aansoeke van besighede vir die lewer van noodsaaklike dienste in terme van die regering se inperkingsregulasies, is gesien dat sekere maatskappye wat nie essensiële dienste lewer nie, valslik of nalatig aaansoek gedoen het vir sertifikate vir dienslewering.
Hieronder tel onder meer plekke wat kitskos voorsien, restaurante, tavernes, kroeë en selfs pizza plekke.
CIPC sê hy het die sertifikate van die besighede gekanselleer wat onregmatig daarvoor aansoek gedoen het, en sal hul inligting aan die SAPD oorhandig word vir verdere ondersoek.
Die regulasies sê baie duidelik dat alle nie-essensiële besighede hul aktiwiteite sal staak gedurende die tyd van inperking, met die uitsondering van besighede wat nou gemoeid is met die verskaffing en voorsiening van essensiële dienste en goedere wat duidelik gelys word in die regulasies.
Daar is gewaarsku dat dit gesien sal word as ‘n kriminele oortreding as besighede wat wel nog oop mag wees, nie hou by die inperkingsregulasies nie, of daar onder valse voorwendsels ‘n sertifikaat bekom word om besigheid te kan bedryf gedurende hierdie periode.
CIPC sê dit was duidelik gesê dat die uitreik van hierdie sertifikate gebaseer word op die inligting wat deur elke maatskappy op die webtuiste verskaf word, en dat die uitreik van dié sertifikaat opsigself nie die reg gee om alle besigheidsaktiwiteite soos voor die inperkingsregulasies voort te sit nie.
CIPC waarsku dat die lewering van essensiële dienste moet voldoen aan die volledige vereistes van die inperkingsregulasies.

Related Articles

Back to top button